MANDRI SUTHERLAND – VROUDRIE BIED AAN VROU ENS.

Mandri Sutherland is binnekort te sien op ons verhoog tydens ons Grand Ol’ Dame Arts Festival, Friday, 24 March 2023 at 16h00 and Saturday, 25 March 2023 at 12h00, Dotsure George Arts Theatre. Haar stuk, getiteld Vrou Ensovoorts, is ‘n kombinasie van Storie vertelling en uitspattige karaktervertolking. Mandri sê ‘n ding soos hy is en sy sê dit in Afrikaans.
Sy belig en gooi liefde, humor en vet op die Afrikaner-vrou se besware en waarhede. Sy sê ‘n ding raak en sy sê wat meeste van ons heel moontlik dink. Enquiries – 044 873 3938